TOC

This article has been localized into Afrikaans by the community.

Oor WPF:

Wat is WPF?

WPF, wat staan vir Windows Presentation Foundation, is Microsoft se nuutste benadering tot 'n GUI raamwerk vir die .NET raamwerk.

Maar wat is 'n GUI raamwerk? GUI staan vir Graphical User Interface, en waarskynlik kyk jy na een hierdie oomblik. Windows het 'n GUI vir jou rekenaar, en die browser waarmee jy waarskynlik hierdie dokument lees het 'n GUI om die web te surf.

Die GUI raamwerk laat jou toe om 'n applikasie te skep met 'n wye verskeidenheid elemente, soos labels, textboxes en ander bekende elemente. Sonder 'n GUI raamwerk sou jy hierdie elemente met die hand moes teken and al die verbruiker interaksie gevalle hanteer soos teks en muis invoer. Dit is BAIE werk, so in plaas daarvan, sal meeste ontwikkelaars 'n GUI gebruik wat al die basiese werk vir hulle doen en die onwikkelaar toelaat om te fokus op die maak van 'n uitstekende applikasie.

Daar is baie GUI raamwerke daar buite, maar vir .NET ontwikkelaars, die mees interessanstes is huidiglik WinForms en WPF. WPF is die nuuste, maar Microsoft onderhou en ondersteun nog WInForms. Soos jy sal sien in die volgende hoofstuk, is daar heelwat verskille tussen hierdie twee raamwerke, maar hul doel is dieselfde: om dit maklik te maak om applikasies te skep met a uitstekkende GUI.

In die volgende hoofstuk, sal ons kyk na die verskille tussen WinForms en WPF.